Buhr van die Bokveld


Book cover for Buhr van die Bokveld by Herman Giliomee published by Africana Publishers

R210 | 176p. | ISBN 978-620-66613-8

Hierdie bundel huldig Johann Jacob Buhr se werk meer as 75 jaar na sy dood op 20 November 1940. Hy was ‘n verrysende ster in die tyd toe die Afrikaanse joernalistiek volwassenheid begin bereik het, ná die taal amptelike status verkry het in 1925. Die digter I.D. Du Plessis, noem hom iemand ‘geseën met ‘n sprankelende intelligensie, fyn humorsin, en kwik-silwer-talent.’

Hy is op 26 September 1900 op die Bokveldse plaas Grasberg, ongeveer 15 kilometer van Nieuwoudt-ville, gebore waar hy ook groot dele van sy lewe gewoon het. Afrikaans het met sy vroeë dood ‘n gevoelige verlies gely. Vir Die Burger insiggewende en lewendige artikels oor verskeie onderwerpe. Hy ontwikkel tot ‘n briljante skrywer van sketse.

Sy drie Huisgenoot-artikels oor ‘Die verleidelikheid van ‘n diamant’ is steeds ‘n voorbeeld van goeie diepte-joernalistiek. ‘n Hoogtepunt en toonbeeld van tegniese vaardigheid is ‘Die perd van Attila,’ ‘n verhaal wat nie verouder het nie.

Hierdie bloemlesing is ‘n gepaste eerbetoon aan die skrywer, maar terselfdertyd aan die Afrikaanse joernalistiek. Ook vir die hedendaagse leser hou dit baie plesier in.

Orders can be placed by sending an email to [email protected].

© Africana Publishers 2019 — present.